News section
Grondboonboere aangemoedig om ag te slaan op toelaatbare vlakke vir chemise residue op grondbone bestem vir uitvoere
August 11, 2004

Mnr. Bully Botma, Voorsitter van Graan SA het grondboonprodusente gemaan om ag te slaan op die toelaatbare vlakke vir chemiese residue op grondbone wat bestem is vir die uitvoermark na onder andere die Europese Unie en Japan.  Dit sluit in onkruid-, insek- en swammiddels wat toegedien word. 

"Grondboonprodusente sal vanaf 1 Januarie 2005 landboupraktyke moet toepas wat insluit dat nougeset rekord gehou word van chemiese- en bemestingsprogramme.  Produsente sal ook in oorleg met verwerkers/uitvoerders in ag moet neem wat die minimum vereistes vir chemiese residue is vir die land waarheen uitgevoer word en produksiepraktyke daarby aanpas," sê mnr. Botma.

"Grondbone word jaarliks van Suid-Afrika na die Europese Unie uitgevoer.  Aanduidings is dat beheermaatreëls in 2005 streng deur die Europese Unie toegepas sal word en indien produkte nie aan die minimum vereistes voldoen nie, invoere van Suid-Afrikaanse grondbone verbied kan word.  'n Beroep word op produsente gedoen om by die wagperiode en dosis op die etiket van chemiese middels wat in Suid-Afrika in terme van Wet 36 van 1947 op grondbone geregistreer is, te hou.  Uitvoerders sal ook sorg moet dra dat slegs grondbone wat voldoen aan die voorgeskrewe minimum standaarde, na die Europese Unie en Japan uitgevoer word," aldus mnr. Botma.

Besonderhede van toelaatbare vlakke vir chemiese residue op grondbone wat vir die uitvoermark bestem is, is beskikbaar op die Graan SA webblad by www.grainsa.co.za. Hierdie data (soos beskikbaar op 11 Augustus 2004) is saamgestel deur die SA Grondboneforum in oorleg met rolspelers in die bedryf en sal jaarliks opdateer word.  Navrae oor die aanwending en wagperiodes van chemiese middels kan direk aan verskaffers gerig word.

News release

Other news from this source

9550

Back to main news page

The news release or news item on this page is copyright © 2004 by the organization where it originated.
The content of the SeedQuest website is copyright © 1992-2004 by
SeedQuest - All rights reserved
Fair Use Notice