News section
Witmielie-aanplantings moet not verder afgeskaal word
Bothaville, South Africa
August 24, 2004

“Volgens die jongste oesskatting van die Nasionale Oesskattingskomitee wat verlede week bekend gemaak is, word die totale kommersiële produksie van witmielies tans op 5 216 150 ton en geelmielies op 3 262 700 ton beraam.  Dit is 307 500 ton meer witmielies en 115 500 ton meer geelmielies as wat die vorige maand geskat was. Hierdie betekenisvolle verhoging in veral die witmielie-oesskatting dwing Graan Suid-Afrika om die produksieruimte vir witmielies wat reeds aan produsente deurgegee is, te hersien”, het mnr Bully Botma, Voorsitter van Graan Suid-Afrika vandag in Bothaville gesê.

Benewens die feit dat die geskatte witmielie-oes met 307 500 ton verhoog is, is die beraamde uitvoere van witmielies ook met 150 000 ton afwaarts aangepas omdat daar tot dusver heelwat minder witmielies uitgevoer is as wat aanvanklik beraam is.  Die gesamentlike effek hiervan is dat die verwagte oordragvoorraad aan die einde van die huidige bemarkingseisoen (April 2005) nog verder van 897 000 ton tot 1 354 000 ton sal verhoog.

“Teen hierdie agtergrond beveel Graan Suid-Afrika aan dat produsente hulle witmielie-aanplantings in die komende seisoen met 412 000 hektaar of 24% teenoor verlede jaar se aanplanting van 1 727 600 hektaar moet afskaal,” sê mnr Botma.

Weens die feit dat die geskatte geelmielie-oes met 115 500 ton verhoog is, is die beraamde invoere van geelmielies met 170 000 ton verminder omdat daar nou meer geelmielies plaaslik beskikbaar sal wees.  Dit bring mee dat die beraamde oordragvoorraad bo die pyplynvoorraad met 74 000 ton verminder is.

Mnr Botma is egter van mening dat daar steeds ongeveer 180 000 ton geelmielies ingevoer sal word weens die groter mielieproduksie wat in veral die VSA verwag word en laer internasionale pryse tot gevolg kan hê.

“Teen hierdie agtergrond volstaan Graan Suid-Afrika by sy oorspronklike aanbeveling dat produsente in die komende seisoen nie meer as 1 100 000 hektaar geelmielies moet plant nie.  Dit is 182 000 hektaar of 20% meer as verlede jaar se aanplanting van 918 000 hektaar”, sê mnr Botma.
News release

Other news from this source

9637

Back to main news page

The news release or news item on this page is copyright © 2004 by the organization where it originated.
The content of the SeedQuest website is copyright © 1992-2004 by
SeedQuest - All rights reserved
Fair Use Notice