News section

home  |  news  |  forum  |  job market  |  calendar  |  yellow pages  |  advertise on SeedQuest  |  contact us 

 

Grondboonboere aangemoedig om ag te slaan op die toelaatbare vlakke vir chemiese residue op grondbone bestem vir uitvoere
Bothaville, South Africa
August 17, 2005

Mnr. Hennie Venter, Voorsitter van Graan SA se Grondbonewerkgroep, het grondboonprodusente gemaan om ag te slaan op die toelaatbare vlakke vir chemiese residue op grondbone wat bestem is vir die uitvoermark na onder andere die Europese Unie en Japan.  Dit sluit in onkruid-, insek- en swammiddels wat toegedien word. 

"Grondbone word jaarliks van Suid-Afrika na die Europese Unie uitgevoer.  Aanduidings is dat beheermaatreëls in 2006 streng deur die Europese Unie toegepas sal word en indien produkte nie aan die minimum vereistes voldoen nie, invoere van Suid-Afrikaanse grondbone verbied kan word.  'n Beroep word op produsente gedoen om by die wagperiode en dosis op die etiket van chemiese middels wat in Suid-Afrika in terme van Wet 36 van 1947 op grondbone geregistreer is, te hou.  Uitvoerders sal ook sorg moet dra dat slegs grondbone wat voldoen aan die voorgeskrewe minimum standaarde, na die Europese Unie en Japan uitgevoer word," aldus mnr. Venter.

Die nuwe Regulasie op Voedselveiligheid en Higiëne van toepassing op plantaardige produkte bestem vir die uitvoermark (Goewermentskennisgewing nr. 707 van 13 Mei 2005), vereis ook dat voldoen word aan minimum vereistes vir toelaatbare vlakke vir chemiese residue op grondbone, wat bestem is vir die uitvoermark.

Besonderhede van toelaatbare vlakke vir chemiese residue op grondbone wat vir die uitvoermark bestem is, is beskikbaar op die Graan SA webblad by www.grainsa.co.za. Hierdie data (soos beskikbaar op 16 Augustus 2005) is saamgestel deur die SA Grondboneforum in oorleg met rolspelers in die bedryf.  Navrae oor die aanwending en wagperiodes van chemiese middels kan direk aan verskaffers gerig word.

News release

Other news from this source

13,180

Back to main news page

The news release or news item on this page is copyright © 2005 by the organization where it originated.
The content of the SeedQuest website is copyright © 1992-2005 by SeedQuest - All rights reserved
Fair Use Notice