Bothaville, South Africa
June 6, 2005
Graan SA sal
onverantwoordelik wees indien die organisasie enigsins by
produsente sou aanbeveel om mielies in die komende
produksieseisoen aan te plant sê mnr Bully Botma, Voorsitter van
Graan SA.
Die pryssein soos
gereflekteer word in die SAFEX kontrak vir mielies vir lewering
in Julie 2006 is van so ‘n aard dat nie een van die
produksiegebiede (selfs die besproeiingsgebiede) mielies
winsgewend……. kan produseer nie. Die Julie 2006 SAFEX prys was
op Woensdag 1 Junie 2005 R720,00 per ton wat ‘n produsenteprys,
afhangende van die liggingsdifferensiaal … tussen R520,00 tot
R680,00 per ton gee.
Hierdie pryse is
nie genoeg om naastenby eers die veranderlike koste om mielies
te produseer, goed te maak nie.
Mnr Botma sê egter
dat indien die Staat positief op Graan SA se tarief voorstelle
sou reageer produsente dit dalk kan oorweeg om ongeveer 800 000
ha mielies te plant. Dit is 28% van die totale oppervlakte van
2,93 miljoen hektaar wat in die vorige seisoen aangeplant is.
Die verwagte produksie vanaf die
800 000 hektaar sal ongeveer 3,375 miljoen ton oplewer wat saam
met die verwagte oordragvoorraad van 5,0 miljoen ton genoeg
mielies vir
binnelandse en die BLNS land se verbruik sal
verseker. |